Dale Carnegie

Dale Carnegie
GeboreDale Harbison Carnagey
24 November 1888
Maryville, Missouri
Sterf1 November 1955
Forest Hills, New York
BeroepSkrywer, lektor, sakaman
Noemenswaardige werkeHow to Win Friends and Influence People
How to Stop Worrying and Start Living
Handtekening

Dale Carnegie (1888–1955) was 'n Amerikaanse skrywer, lektor en sakeman. Hy het talle kursusse vir self-verbetering, verkooptegnieke, kollektiewe opleiding, openbare redevoering en interpersoonlike vaardighede ontwikkel. Sy topverkoperboek, How to Win Friends and Influence People (1936), handel oor doeltreffende kommunikasie en metodes om sukses in die sakewêreld te behaal.[1] Naas die biografie van Abraham Lincoln, getiteld Lincoln the Unknown, het hy talle ander boeke gelewer.

Een van die kernidees in sy boeke is dat dit moontlik is om ander mense se gedrag te verander deur jou gedrag teenoor hulle te verander.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne