Daljosafat (ook Dal Josafat of Dal van Josafat) is 'n nywerheidsgebied in die vallei tussen Wellington en die Paarl geleë.[1][2] Die meeste van die Paarl se nywerhede is hier gevestig. 'n Begraafplaas vir die Hugenote is hier aangelê. Die Afrikaanse taalstryder en eerste redakteur van Di Patriot, ds. Stephanus Jacobus du Toit is in 1847 hier gebore en sy broer die Hervormde predikant ds. C.W. du Toit vyf jaar vantevore. Talle van die Afrikaanse Patriotte is hier begrawe.