Daniele Gatti (gebore op 6 November 1961) is 'n Italiaanse dirigent. Hy is tans die artistieke adviseur van die Mahler Kamerorkes asook musikale direkteur van die Teatro dell'Opera di Roma.
Gatti is in Milaan gebore. Hy was van 1992 tot 1997 die hoofdirigent van die Orchestra Dell'Accademia Nazionale di Santa Cecilia in Rome. In 1997 het hy die musikale direkteur van die Orchestra del Teatro Comunale di Bologna geword. Hy het ook as hoof-gasdirigent van die Koninklike Operahuis, Covent Garden gedien. In 2005 is hy saam met Zubin Mehta en Christian Thielemann uitgenooi om 'n konsert vir die vyftigste herdenking van die opknapping en heropening van die Weense Staatsopera in 1955, te dirigeer. Sy buiging by die Bayreuth-fees het in 2008 plaasgevind tydens 'n produksie deur Stefan Herheim van Parsifal.
Gatti het in 1994 die eerste keer as gasdirigent saam met die Koninklike Filharmoniese Orkes (KFO) verskyn. Die pos van hoofdirigent van die orkes was onmiddellik daarna aan hom gebied. Hy het in 1996 die pos aangeneem.[1] Gatti word beskou as die persoon wat die KFO se status op dieselfde vlak as die van die ander Londense orkeste herstel het.[2][3][4] Gatti was in April 2007 een van agt dirigente van Britse orkeste om die tienjaar klassieke musiek uitreikingsmanifes te ondersteun, naamlik "Building on Excellence: Orchestras for the 21st Century", ten einde die teenwoordigheid van klassieke musiek in die Verenigde Koninkryk te bevorder en te vermeerder, welke ingehou het dat gratis toegang aan alle Britse skoolkinders gegee is ten einde klassieke musiekkonserte te kan bywoon.[5] In 2009 het Gatti as die KFO se hoofdirigent afgetree en die orkes se dirigent laureaat geword.[6]
Gatti was van 2008 tot 2016 die Musikale Direkteur van die Orchestre National de France. Hy was ook vanaf 2009 tot 2012 hoofdirigent van die Zürich Opera. In Oktober 2014 het die Koninklike Concertgebouw-orkes (KCO) vir Gatti as die geselskap se sewende hoofdirigent aangestel met ingang September 2016.[7] Sy KCO buiging as gasdirigent het in April 2004 plaasgevind.[8] Die KCO het op 2 Augustus 2018 sy aanstelling met onmiddellike effek gekanselleer oor beweringe van "onbehoorlike gedrag", en op grond daarvan dat "'n aantal vroulike kollegas van die Koninklike Concertgebouw-orkes ondervindinge met Gatti aan die lig gebring het, welke as onbehoorlik beskou word gegewe sy posisie as hoofdirigent." [9]
Gatti was in Mei 2016 as Artistieke Adviseur van die Mahler Kamerorkes aangestel. Hy gee sedert 2016 by die Accademia Musicale Chigiana onderrig. Gatti het die eerste keer gedurende die 2016-17 seisoen as gasdirigent by die Teatro dell'Opera di Roma opgetree. Hy het gedurende die opeenvolgende twee seisoene opgetree as gasdirigent. Die geselskap het in Desember 2018 aangekondig dat Gatti as die geselskap se nuwe musikale direkteur aangestel is met onmiddellike werking.[10]