Dark (TV-reeks)

Dark

Louis Hofmann is een van die akteurs wat die rol van Jonas Kahnwald vertolk.
Genre
Geskep deur
  • Baran bo Odar
  • Jantje Friese
Geskryf deur
  • Jantje Friese
  • Ronny Schalk
  • Marc O. Seng
  • Martin Behnke
  • Daphne Ferraro
Geregisseer deur Baran bo Odar
Met Sien teks
Temamusiekkomponis Apparat
Openingstema "Goodbye" deur Apparat (met Soap&Skin)[3]
Oorsprong Duitsland
Taal Engels, Duitse vingertaal (oorgeklank uit Duits)
Aantal seisoene 3
Aantal episodes 26
Produksie
Uitvoerende vervaardiger(s)
  • Justyna Müsch
  • Jantje Friese
  • Quirin Berg
  • Max Wiedemann
  • Abraham Davies
Kinematografie Nikolaus Summerer[4]
Produksiemaatskappy Wiedemann & Berg Television
Uitsending
Oorspronklike kanaal Netflix
Oorspronklike lopie 1 Desember 2017 (2017-12-01) – 27 Junie 2020 (2020-06-27)

Dark is 'n Duitse wetenskapsfiksierillerreeks vir televisie wat geskep is deur Baran bo Odar en Jantje Friese.[4][5] Daar was drie seisoene, van 2017 tot 2020. Die storie gaan oor die disfunksionele karakters van die fiktiewe dorp Winden in Duitsland wat na antwoorde soek nadat 'n kind verdwyn het. Dit volg die verbintenisse tussen vier vervreemde gesinne en stel 'n sinistere tydreissameswering bloot wat oor verskeie geslagte strek. Die reeks verken die eksistensiële implikasie van tyd en die uitwerking daarvan op die menslike aard en lewe. Die hoofrol word vertolk deur onder andere Louis Hofmann.

Dark se eerste stroming was op 1 Desember 2017 op Netflix; dit is die stromingdiens se eerste Duitse oorspronklike reeks. Die tweede seisoen het op 21 Junie 2019 begin,[6] en die derde seisoen op 27 Junie 2020.[7]

Dark het goeie resensies gekry vir sy toneelspel, regie, skryfwerk, beelde, temas, musiek en die strewe en kompleksiteit van die verhaal. Baie mense het die komplekse vertellingstruktuur geprys, want dit het van kykers vereis om groot aandag te skenk om die ingewikkelde verband tussen die karakters en tydlyne te verstaan. Die reeks se regisseur, Baran bo Odar, is geprys vir die groot sorg wat hy aan detail geskenk het, die toon en die spanningsgevulde atmosfeer, wat alles tot die reeks se sukses bygedra het.

Die reeks het verskeie pryse en benoemings ingepalm. In 2021 het die BBC dit gelys as sy 58ste beste televisiereeks van die 21ste eeu.[8] Dit het 'n groot internasionale aanhang gekry, veral nadat dit in verskeie tale oorgekank of van subtitels voorsien is. Dit was een van Netflix se suksesvolste nie-Engelse oorspronklike reekse.

  1. Teti, Julia (19 Junie 2019). "Finding the Greek Drama in Netflix's dark". Film School Rejects. Besoek op 4 Februarie 2020.
  2. Nguyen, Hanh (23 Junie 2019). "Dark: Season 2's Insane Ending and All the Burning Questions Season 3 Needs to Answer". Indiewire. Besoek op 4 Februarie 2020.
  3. Renfro, Kim (11 Desember 2017). "Netflix's new series Dark has a terrific and unique soundtrack – here are all the best songs featured". Insider. Besoek op 2 Julie 2019.
  4. 4,0 4,1 "Dark, The First Netflix Original Series Produced In Germany Commences Principal Photography". Netflix Media Center. 18 Oktober 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2018. Besoek op 24 Oktober 2016.
  5. "Netflix Drops Teaser for New German Series Dark". ComingSoon.net. 1 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2017. Besoek op 1 Maart 2017.
  6. Shepherd, Jack (21 Desember 2017). "Dark renewed for season 2 by Netflix". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 2 Julie 2019.
  7. Gelman, Vlada (30 Mei 2019). "TVLine Items: Monica Potter's New Series, Netflix's Dark to End and More". TVLine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2019. Besoek op 2 Julie 2019.
  8. "The 100 greatest TV series of the 21st Century". BBC Culture. 18 Oktober 2021. Besoek op 22 Oktober 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne