Darlingrivier | |
---|---|
Benedeloop van die Darlingrivier naby Menindee, Nieu-Suid-Wallis. | |
Die stroomgebied van die Darlingrivier. | |
Oorsprong | samevloei van die Barwon- en Culgoa-riviere naby Brewarrina, Nieu-Suid-Wallis, Australië Australiese Alpe, Groot Skeidingsgebergte |
Monding | Wentworth, Nieu-Suid-Wallis Murrayrivier |
Stroomgebied | Nieu-Suid-Wallis (Australië) |
Lengte | 1 472 km (915 myl) |
Oorspronghoogte | 119 m (390 voet) |
Mondinghoogte | 35 m (115 voet) |
Gemiddelde afloop | 100 m³/s (3 530 vt³/s) |
Die Darlingrivier (Engels: Darling River) is met 'n lengte van 1 472 km Australië se derde grootste rivier.[1] Die Darlingrivier is die tweede grootste sytak van die Murrayrivier.
Die Darlingrivier ontspring in die noorde van Nieu-Suid-Wallis, net suid van die grens tot Queensland, in die Australiese Alpe van die Groot Skeidingsgebergte. Aansluitend loop hy 1 472 km in suidwestelike rigting deur die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis, voordat die Darlingrivier naby Wentworth met die Murrayrivier saamvloei.
Die Darlingrivier is Australië se mees bekende waterweg.[2] Dit het 'n baie onreëlmatige afloop van sowat 100 m³/s naby Menindee.[3]