![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Datsun (Nissan) |
Ook genoem | Datsun Nusantara Go (en Go+) Panca (slegs Indonesië) |
Produksie | 2014– |
Montering | Chennai, Indië [1] Nissan Motor Indonesia, Purwakarta, Indonesië |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Stadsmotor (Go) Mini MPV (Go+) |
Bakstyl | 5-deur luikrug (Go) 5-deur MPV (Go+) |
Uitleg | voorenjin, voorwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.2 L I3 (Petrol) |
Ratkas | 5-gang handratkas |
Lengte | 3785 mm (Go) 3995 mm (Go+) |
Breedte | 1635 mm |
Hoogte | 1485 mm |
Asafstand | 2450 mm |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Nissan Micra |
Die Datsun Go is die Japannese motorvervaardiger Nissan se eerste motor wat weer vrygestel word onder die Datsunmerk, sedert dit gestaak is in 1986. Dit is vernoem na die "Dat-Go", Datsun se eerste motor van stapel gestuur in die vroeë 20ste eeu,[2] en was aanvanklik beskikbaar in ontwikkelende markte soos Indië, Indonesië en Suid-Afrika. Dit is op dieselfde Nissan V platform as die Micra/March gebaseer.[3]
Die Go is in Indië op 19 Maart 2014 vrygestel met 'n pryskaartjie van ₹ 3,12-3,70 lakh[4] en in Indonesië met 'n verkoopsprys onder Rp 100 000 000, om die Indonesiese LCGC-wetgewing te akkommodeer wat vir beide die Go en die Go+ geld.[5]