Dave Matthews | |
---|---|
Dave Matthews in 2010. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | David John Matthews |
Gebore | 9 Januarie 1967 Johannesburg (Suid-Afrika) |
Oorsprong | Charlottesville, Virginia (VSA) |
Genres | Jazzrock, jam |
Beroep(e) | Musikant |
Instrumente | Stem, kitaar, klavier |
Jare aktief | 1989 — hede |
Etikette | RCA, Sony BMG |
Assosiasies | Tribe of Heaven, Dave Matthews Band, Dave Matthews and Tim Reynolds, Dave Matthews & Friends |
David John Matthews (* 9 Januarie 1967, Johannesburg, Suid-Afrika) is 'n Amerikaanse Grammy-musikant. Hy is mees bekend vir sy rol as voorsanger, liedjieskrywer en kitaarspeler vir Dave Matthews Band. Hy het ook al as 'n solokunstenaar en met ander musikale kunstenaars soos Tim Reynolds, The Blue Man Group, en Trey Anastasio gewerk. Matthews hou hom soms ook akteur en het al in verskeie rolprente verskyn.