David Millin | |
Alias | Dave Millin |
---|---|
Geboorte | 11 Junie 1920 Kaapstad |
Sterfte | 26 Mei 1999 Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Regisseur, kinematograaf, vervaardiger |
Toekennings | Lewenslange bydrae |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
David Millin (1920–1999) was 'n Suid-Afrikaanse regisseur, kinematograaf en vervaardiger. Hy het verskeie Afrikaanse en Engelse rolprente oor sy loopbaan vervaardig. Hy was sedert 1972 'n lid van die Amerikaanse vereniging van kinematograwe, die eerste lid van Afrika wat aan die organisasie behoort het. In 1994 word hy deur M-Net vereer vir sy lewenslange bydrae tot die bedryf en in 1997 word hy ook deur SASC/Kodak vir sy bydrae vereer. Hy was bekend vir sy skouspelagtige uitbeeldings, groot (maar akkurate) oorlogstonele en sy droë sin vir humor.[1]