De Aar | |
---|---|
SAR Klas 8FW no. 1236 staangemaak in De Aar | |
Koördinate: 30°39′S 24°01′O / 30.650°S 24.017°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Emthanjeni |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 85,5 km2 (33,0 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 29 990 |
• Digtheid | 351/km2 (910/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 57.3% |
• Swart mense | 33.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 69.3% |
• Xhosa | 24.7% |
• Engels | 2.6% |
• Ander | 3.3% |
Poskode (strate) | 7000 |
Poskode (posbusse) | 7000 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | De Aar |
De Aar is die derde grootste nedersetting in die provinsie Noord-Kaap, in die suidweste van Suid-Afrika, met 'n bevolking van omtrent 42,000 mense.[1] Die dorp is 50 km oos van Britstown. Die ontwikkeling van De Aar gaan hand-aan-hand met die groei van die spoorweë en stoomtreine. Spoorlyne van die Wes- en Oos-Kaap, Gauteng, Zimbabwe en Namibië kom hier bymekaar. Die N10 nasionale pad gaan deur De Aar.