De Hoop-natuurreservaat | |
---|---|
Swarttobies in die reservaat
| |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Naaste dorp | Bredasdorp |
Koördinate: 34°26′3″S 20°32′52″O / 34.43417°S 20.54778°O | |
Webblad | De Hoop-natuurreservaat |
Die De Hoop-natuurreservaat is in die Overbergstreek in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die reservaat is 30 km oos van Bredasdorp. Dit sluit 50 km van die kuslyn van die Indiese Oseaan in en strek ook 5 km see in op die Agulhasbank. Die reservaat sluit ongerepte duine, fynbos en vleiland in. Daar is sewe ekostelsels met 1 400 plant-, 40 soogdier-, 11 reptiel-, 6 amfibiese en 200 voëlspesies. Daar is ook 'n broeikolonie kransaasvoëls in die kranse van die Potberg.