Die Deense Waddesee-eilande (Deens: Danske Vadehavsøer) is 'n groep van Waddesee-eilande aan die weskus van Jutland, Denemarke. Hulle hoort aan die Suider Streek van Denemarke sedert 1 Januarie 2007. Voorheen het hulle aan die graafskap van Suid-Jutland en Ribe behoort.[1]
Die Deense eilande verskil van die Duitse Noord-Friese Eilande omdat geen Friese op die Deense eilande woon.[2] Die Deense Waddesee-eilande word ook wel tot hierdie eilande gereken.