Delirium tremens | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
’n Alkoholis met delirium tremens op sy sterfbed, omring deur lede van sy gesin. Die teks L'Alcool Tue beteken "Alkohol maak dood" in Frans. | ||
ICD-10 | F10.4 | |
ICD-9 | 291.0 | |
DiseasesDB | 3543 | |
MedlinePlus | 000766 | |
eMedicine | med/524 | |
MeSH | D000430 | |
Mediese waarskuwing |
Delirium tremens (in straattaal DTs genoem) is ’n vinnige toeval van verwarring wat gewoonlik deur onttrekking van alkohol veroorsaak word.[1] Dit kom gewoonlik op sowat die derde dag van onttrekking voor en duur twee tot drie dae.[1] Fisieke simptome kan wees bewing, rillings, ’n onreëlmatige hartklop en sweet.[2] Die persoon kan ook hallusineer.[1]
Soms kan ’n baie hoë liggaamstemperatuur of toevalle tot die dood lei.[1] Alkohol is een van die gevaarlikste dwelmmiddels om van te onttrek.[3]