Demi Lee Moore

Demi Lee Moore
GeboortenaamDemi Moore
Gebore7 Desember 1989
Worcester, Suid-Afrika
OorsprongDurbanville[1]
Beroep(e)Sangeres
Liedjieskrywer
InstrumenteStem
Jare aktief2009 – tans
EtiketteColeske Artists

Demi Lee Moore (7 Desember 1989, Worcester, Suid-Afrika), van Durbanville is ’n Suid-Afrikaanse sangeres en die wenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak op die TV-kanaal VIA. Sy het ’n platekontrak by Coleske Artists losgeslaan en op 2018 se Afrikaans Is Groot-konserte opgetree as deel van haar prys.[2]

Demi Lee se eerste liedjie by Coleske Artists, "Mis Eet Slaap Herhaal", is net voor die konsert uitgereik en was gou no. 1 op die Afrikaanse iTunes.[3]

  1. Demi-Lee Moore wins Die Kontrak Jakaranda FM, 23 November 2018. Besoek op 10 Julie 2019.
  2. Die Kontrak: En die wenner is . . ., Geargiveer 29 Desember 2019 op Wayback Machine Afrikaanse Musieknuus, 23 November 2018. Besoek op 25 November 2018.
  3. Nico Strydom. Demi Lee: 'Al my drome is besig om waar te word', 24 November 2018. Maroela Media. Besoek op 25 November 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne