Denis Sjmihal | |
![]() Sjmihal in 2023 | |
18de Eerste minister van Oekraïne
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 4 Maart 2020 | |
President | Wolodimir Zelenski |
---|---|
Voorafgegaan deur | Oleksij Hontsjaruk |
Minister van Streeksontwikkeling, Konstruksie en Behuising
| |
Ampstermyn 4 Februarie 2020 – 4 Maart 2020[1] | |
President | Wolodimir Zelenski |
Eerste minister | Oleksij Hontsjaruk |
Voorafgegaan deur | Aljona Babak |
Opgevolg deur | Oleksij Chernyshov |
Goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast
| |
Ampstermyn 1 Augustus 2019 – 5 Februarie 2020[2] | |
Voorafgegaan deur | Oleg Hontsjaruk |
Opgevolg deur | Vitaly Fedorov (waarnemend)[3] |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Denis Anatolijowitsj Sjmihal 15 Oktober 1975 Lwif, Sowjetunie |
Politieke party | Onafhanklik |
Eggenoot/-note | Kateryna Sjmihal |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Lwif-politegnikum |
Denis Anatolijowitsj Sjmihal (Oekraïens: Денис Анатолійович Шмигаль; gebore 15 Oktober 1975)[4] is 'n Oekraïense sakeman en politikus wat sedert 4 Maart 2020 as die Eerste minister van die Oekraïne dien.[5] Voor sy aanstelling as Eerste minister, het hy as Goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast en as 'n waarnemende vise-minister in die Hontsjaruk-regering gedien.[6]
Sedert sy aanwysing as eerste minister was Sjmihal in beheer van die regering se hantering van die Covid-19-pandemie in die Oekraïne en die voer van die oorlog met Rusland.[7]