Denise Darvall | |
---|---|
Gebore | Denise Ann Darvall 27 Februarie 1942 |
Sterf | 3 Desember 1967 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Bekend vir | Eerste hartskenker |
Denise Ann Darvall (27 Februarie 1942 – 3 Desember 1967) was die skenker vir die eerste menslike hartoorplanting wat onder leiding van dr Chris Barnard op 3 Desember 1967 in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad uitgevoer is.[1]
Darvall was ernstig beseer in 'n motorongeluk in Observatory, Kaapstad. Denise se ma is op slag dood in die ongeluk. Denise het skedelbreuk opgedoen en het ernstige kopbeserings gehad. Sy is deur lewensondersteunende apparaat aan die lewe gehou en is breindood verklaar. Teen 21h00 (9 nm) op die dag van die ongeluk het die dokters besluit om pogings om haar by te bring, te staak.[2]
Ná Denise se pa toestemming verleen het, is haar hart geskenk vir die oorplanting op Louis Washkansky. Haar niere is geskenk vir die 10 jarige Jonathan van Wyk. Weens apartheid was die nierskenking aan Van Wyk kontroversieël,[3] aangesien die seun as 'n Kleurling geklassifiseer was en Denise as Blank.