Denon

Kabushiki Kaisha Denon
株式会社デノン
Tipe Corporation
(handelsmerk in besit van Sound United LLC, VSA)
Gestig 1910
Hoofkantoor Kawasaki, Japan
IndustrieHoëtrou-toerusting
ProdukteOudio- en video-produkte
WebwerfDenon Global

Denon is 'n Japanse maatskappy wat hom op die vervaardiging van hoëtrou-toerusting toegespits het. Die handelsmerk Denon is een van die oudstes van sy soort in Japan en staan vandag dwarsoor die wêreld bekend vir sy gesofistikeerde oudio- en video-toestelle. Die maatskappy het onder meer die voortou geneem om PCM-oudio-tegnologie na die massamark te bring.

Die maatskappy is in 1910 deur Frederick Whitney Horne as Nippon Columbia Co. Ltd. in Japan gestig en het aanvanklik grammofone en eensydige grammofonskywe vervaardig. Nippon Columbia was dekades lank die eienaar van die handelsmerk Denon. In 2001 het Denon 'n onafhanklike aandelemaatskappy in besit van Ripplewood Holdings (98 persent van die aandele) en Hitachi (twee persent) geword en in die volgende jaar met 'n ander bekende Japanse vervaardiger van oudio-toerusting, Marantz, saamgesmelt om die nuwe maatskappy D&M Holdings te vorm wat later hernoem is tot D+M Group. Die Japannese D+M Group is op 1 Maart 2017 volledig deur die Amerikaanse onderneming Sound United LLC oorgeneem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne