Katharina van Siëna (1347-'80) was 'n Dominikaanse tersiêr wat buite godsdiensinstellings gewoon en 'n diplomatieke loopbaan gehad het.
Die term derde orde dui gewoonlik op lede van godsdiensordes wat leke is en nie noodwendig in 'n klooster woon nie, maar tog aanspraak daarop maak om die kleed van die een of ander orde te dra en aan hulle goeie werk deel te neem.[1] Derde ordes word in die Rooms-Katolieke Kerk, Lutheranisme en Anglikanisme erken. Hulle is 'n 12de-eeuse aanpassing van Middeleeuse monastiese broederskappe. Lede van derde ordes word genoem tersiêre (Latyn: tertiarii, van tertius, derde).[2]
↑Orlando O. Espín, James B. Nickoloff, An Introductory Dictionary of Theology and Religious Studies (Liturgical Press 2007 ISBN 9780814658567), p. 1363