Derrick is 'n Duitse TV-misdaadreeks wat tussen 1974 en 1998 vervaardig is, met Horst Tappert as speurhoofinspekteur (Kriminaloberinspekteur) Stephan Derrick, en Fritz Wepper as speurdersersant (Kriminalhauptmeister) Harry Klein, sy lojale assistent. Hulle los moordsake in München en omgewing op (met drie onopgeloste sake in totaal). Dit is vervaardig deur Telenova Film und Fernsehproduktion in samewerking met ZDF, ORF en SRG.
Derrick word beskou as een van die suksesvolste televisieprogramme in die Duitse televisiegeskiedenis; dit was ook 'n groot internasionale sukses, met die reeks wat in meer as 100 lande, insluitend Suid-Afrika, verkoop is.[1]
Daar word beweer dat ZDF nie meer herhalings van die program sou uitsaai nie, nadat gevind is dat Tappert sy diens in die Waffen-SS in die Tweede Wêreldoorlog verswyg het.[2] ZDF het egter daardie bewering ontken.[3]