Deutsche Internationale Schule Johannesburg | |
![]() | |
Gestig | 1890 |
---|---|
Tipe | Privaatskool |
Hoof | Erich Maria Schreiner |
Stigter | Pastor Kuschke |
Personeel | omstreeks 110 voltyds |
Leerlinge | 1 102 (November 2016)[1] |
Adres | Aucklandpark |
Stad | Johannesburg |
Provinsie | Gauteng |
Land | Suid-Afrika |
Webblad | www.dsj.co.za |
Die Deutsche Internationale Schule Johannesburg (DSJ) in Aucklandpark, Johannesburg is in 1890 gestig en tans een van die grootste Duitse skole op die vasteland van Afrika met sowat 1100 leerders uit 27 lande. Die DSJ is 'n parallelmedium-privaatskool wat Duits en Engels as onderwystale gebruik en sowel die Suid-Afrikaanse matriekeksamen asook die Duitse internasionale Abitur aanbied.