Diane Keaton | |
Diane Keaton in 2011
| |
Geboortenaam | Diane Hall |
---|---|
Geboorte | 5 Januarie 1946 Los Angeles, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Aktrise, regisseur, vervaardiger, skryfster |
Aktiewe jare | 1968-tans |
Webwerf | dianekeaton.com |
Diane Keaton (gebore as Diane Hall,[1] * 5 Januarie 1946 in Los Angeles, Kalifornië) is ’n Amerikaanse aktrise, regisseur, draaiboekskryfster en vervaardiger. Benewens haar aktiwiteite in die vermaakbedryf is sy ook ’n fotograaf, eiendomsontwikkelaar, skryfster en soms sangeres. As beskermdame van kunste stel sy besondere belang in argitektuur en fotografie. Sy is die uitgewer van verskeie boeke oor fotografie. Tans dien sy as direkteur in die Board of Directors (bestuursraad) van die Los Angeles Conservancy, 'n organisasie sonder winsoogmerk wat op die bewaring van Los Angeles se historiese argitektoniese en kulturele erfenis fokus.[2][3]
Keaton het in Beverly Hills gewoon voordat sy haar nuwe huis in Los Angeles in samewerking met die argitekte-ateljee Cynthia Carlson Associates, Inc. ontwerp het.[4] Die projek, wat in 2017 voltooi is, is in Diane Keaton se boek The House that Pinterest Built gedokumenteer.