Die Slag van Biddulphsberg

Hierdie artikel is die tweede plek wenner in die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2024
Ons jong Afrikaanse Wikipediane is nog besig om hulle vaardighede te oefen. Hulle mag nou na die kompetisie weer verder aan hulle artikels redigeer en verbeter. Geniet asseblief die artikel met dit ingedagte.

Die slag van Biddulphsberg is genoem na die geveg wat op 29 Mei 1900 plaasgevind het in die Tweede Vryheidsoorlog. Lt. Genl. Sir Leslie Rundle se mag, bestaande uit die 2nd Grenadier Guards, 2nd Scots Guards en sommige IY Companies, het teen die Boeremag onder Genl. Abraham de Villiers by Biddulphsberg naby Senekal te staan gekom. Die Britse mag is verslaan met ongeveer 40 mans wat gesneuwel het en ongeveer 130 wat  gewond is.

Die Boeremag was goed weggesteek en het op die Britte gewag toe Rundle se mag, voor dagbreek op 29 Mei, uit die rigting van Senekal opgeruk het. Tydens die volgende paar ure het die Boere, Rundle se manne groot verliese toegedien, met die verliese wat vererger is deur die uitwerking van ‘n verwoede veldbrand wat oor die Britse linies gevee het.

Boere-veterane het na die gebeure as die “veldbrandslag” verwys. [1]

  1. H. Loots, "May 29, 1900 : Battle of Biddulphsberg," [Online]. Available: https://www.angloboerwar.com/forum/16-on-this-day/24767-may-29-1900-battle-of-biddulphsberg Besoek op 28 Augustus 2024

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne