Die As | |
2025–26 | |
Sportsoort | Toetskrieket |
---|---|
Gestig | 1882–83 |
Eienaar | Internasionale Krieketraad |
Inwydingseisoen | 1882–83 |
Deelnemende lande | Australië Engeland |
Aantal spanne | 2 |
Mees onlangse kampioen | Australië (2023) |
Die As (Engels: the Ashes) is die naam van ’n kompetisie tussen die nasionale krieketspanne van Engeland en Australië.[2] Hierdie toetsreeks word sedert 1882 elke twee jaar afwisselend in die twee lande gehou. Krieket is ’n somersport en as gevolg van die verskil in halfronde word die wedstryde effektiewelik elke agtien of dertig maande aangebied. Dit is een van krieket se internasionale kompetisies met die meeste wedywering.
Op hierdie oomblik bestaan Die As uit vyf toetswedstryde van twee beurte per land. In die winter van 2013–14 is die reeks net enkele maande ná die vorige reeks gehou, sodat die vierjaarlikse wedstryd in Australië nie met die Krieketwêreldbeker 2015 sou saamval nie. Die 2019-reeks in Engeland is net enkele weke ná die Krieketwêreldbeker 2019 gehou, wat deur Engeland gewen is.