Dienaar van die Volk | |
---|---|
Oekraïense politieke party | |
![]() Logo van Dienaar van die Volk.
| |
Afkorting | SN |
Leier | Olena Sjoeliak |
Gestig | 2 Desember 2017 |
Geregistreer | 31 Maart 2018 |
Ledetal | 500 - 1 000 |
Ideologie |
|
Jeugtak | Ze! Molodizjka |
Dienaar van die Volk (Oekraïens: Слуга народу, Sloeha narodoe, letterlik "Dienaar van die Nasie") is 'n liberale, sentristiese, pro-Europese politieke party in Oekraïne.
Die party is laat in 2017 gestig en op 31 Maart 2018 amptelik geregistreer.[1][2][3] Dit is genoem na die Oekraïense TV-reeks Dienaar van die Volk.[4][3]
In die Oekraïense parlementêre verkiesing van 2019 het die party 130 setels gewen.[5] Die huidige Oekraïense president, Wolodimir Zelenski (wat in die TV-reeks Dienaar van die Volk die rol van die president vertolk het) is lid van die party.