Diepaartrombose | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
![]() | ||
Diepaartrombose in die regterbeen, met swelling en ’n rooi verkleuring. | ||
ICD-10 | I80.2 | |
ICD-9 | 453.40 | |
DiseasesDB | 3498 | |
MedlinePlus | 000156 | |
eMedicine | med/2785 | |
MeSH | D020246 | |
![]() |
Diepaartrombose (DAT; ook soms ekonomieseklas-sindroom genoem vanweë die min spasie in dié klas op vliegtuie) is die vorming van ’n bloedklont (trombose) in ’n diep aar, veral in die bene. Niespesifieke tekens sluit in pyn, ’n geswel, ’n rooi verkleuring, hitte en vergrote are na aan die oppervlak van die liggaam.
Longembolisme, ’n komplikasie wat lewensgevaarlik kan wees, word veroorsaak deurdat ’n bloedklont loskom en na die longe vervoer word. Diepaartrombose en longembolisme kan saam ’n siekte veroorsaak bekend as aartrombo-embolisme. Posttrombotiese sindroom, nog ’n komplikasie, dra grootliks by tot die gesondheidsorgkoste van diepaartrombose. Voorkomende maatreëls vir pasiënte wat ’n groot risiko vir die siekte het, is stap, kuitoefeninge, bloedverdunningsmedikasie, aspirien en drukkouse.