Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Diergaarde Blijdorp
| ||
![]() | ||
Ou ingang van die Diergaarde Blijdorp
| ||
Geopen | 1855 | |
Ligging | Rotterdam, Nederland | |
Oppervlakte | 28 ha | |
Koördinate | 51° 56′ NB, 4° 27′ OL[1] | |
Tema | Geozoo | |
Webwerf | ||
Liggingkaart in Rotterdam | ||
Diergaarde Blijdorp, ook bekend as die Rotterdamse Dieretuin of amptelik die Stichting Koninklijke Diergaarde Rotterdam, is een van die oudse dieretuine in Nederland.
Die ontwerper van die nuwe dieretuin is Sybold van Ravesteyn, wie traliewerk en hekke so min moontlik gebruik het, dit is vervang deur gragte en slote. Die verwarmde binneverblyf en ruim leefareas was destyds uniek in die wêreld.
Op 7 Julie 1940 is die noordelike gedeelte geopen en in Desember was die hele dieretuin oop. Van Ravesteyn het die dierentuin so ontwerp dat daar 'n simmetrieas deur die park loop, waarop die betongeboue le: die Rivièrahal, die 47 meter hoë uitkyktoring, die roofdiergebou, die groot vyver en die teekamer. Aan weerskante van dié as lê groot stukke weiding vir hoefdiere soos bisons en sebras.
In 1988 neem Blijdorp 'n meesterplan aan wat die hele dieretuin sou verander. Volgens die plan word diere per wêrelddeel georden, in biotope wat heel natuurlik vertoon. Hiermee word nie net diere nie, maar ook plante en kulturele elemente uit die nagebootste biotoop vertoon. Die eerste jare staan dié aanpassings in die teken van Asië. So word in die lente van 1991 die vlermuisgrot geopen, waar besoekers vry tussen honderde vlieënde Egiptiese vrugtevlermuise kan loop. In 1992 word die wolwevallei geopen, die eerste nuwe verblyf vir Europese diere, 'n groot bosryke verblyf waar 'n trop wolwe ook aangehou word.