Dietrich Fischer-Dieskau | |
---|---|
Dietrich Fischer-Dieskau (1970) | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 28 Mei 1925 |
Sterf | 18 Mei 2012 |
Genres | Klassiek, opera |
Beroep(e) | Sanger, dirigent, musikoloog |
Instrumente | Stem (Baritoon) |
Jare aktief | 1948-1992 (as sanger) |
Etikette | EMI Deutsche Grammophon, Orfeo, RCA, CBS, Sony |
Dietrich Fischer-Dieskau (28 Mei 1925 – 18 Mei 2012)[1] was 'n Duitse liriese bariton en dirigent van klassieke musiek, asook een van die bekendste Lieder [kunslied) uitvoerders van die na-oorlogse periode.
Hy was die beste bekend as sanger van Franz Schubert se Lieder, en in besonder sy "Winterreise"[2] waarvan sy opnames saam met Gerald Moore en Jörg Demus meer as 'n halfeeu na hul vrystelling steeds kritiese lof ontvang .[3]
Die opname van 'n wydlopende reeks werke of repertoire deur Fischer-Dieskau,(wat eeue dek) het musikoloog Alan Blyth laat opgemerk, "Geen sanger in ons tyd, of waarskynlik enige ander sanger [van enige tyd], het daarin geslaag om die reeks en veelsydigheid van repertoire te behaal, wat behaal is deur Dietrich Fischer-Dieskau nie. Opera, Lieder en oratorios in Duits, Italiaans of Engels het almal asof van nature na hom toe gekom, en tog het hy na elkeen 'n presisie en individualiteit gebring wat getuig van sy reseptiewe insigte in die idioom wat ter hand is." Bykomend hiertoe, het hy opnames in Frans, Russies, Hebreeus, Latyns en Hongaars gemaak. Hy was beskryf as "een van die beste vokale kunstenaars van die 20ste eeu"[4] en "die mees invloedrykste sanger van die 20ste eeu".[5]
Fischer-Dieskau was gekies as die tweede grootste sanger van die eeu (na Jussi Björling) deur Classic CD(Verenigde Koninkryk)[6]. Die Franse het hom as die "Le miracle Fischer-Dieskau" gedoop, en Dame Elisabeth Schwarzkopf het hom "'n gebore god wat dit alles het", genoem.[7]
Op die kruin van sy roem was hy bewonder vir sy interpretatiewe insigte en die eksepsionele beheer van sy sagte, pragtige instrument. Ten spyte van die onaansienlike grootte van sy liriese/kamer bariton stem, het Fischer-Dieskau ook 'n groot aantal opera rolle opgevoer en opgeneem. Hy het beide die opera - en konsertplatforms vir meer as dertig jaar oorheers.[8]