Die Digitale Biblioteek vir Nederlandse Letterkunde (Nederlands: Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren, afgekort as DBNL) is 'n webwerf oor die Nederlandse taal en -letterkunde. Dit bevat duisende literêre tekste, sekondêre literatuur en bykomende inligting soos biografieë. Die DBNL is 'n inisiatief van die DBNK-stigting en is in 1999 van stapel gestuur deur die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde.[1]
Die skep van die DNBL is moontlik gemaak deur skenkings van onder andere die Nederlandse Organisatie voor Wetenschappelijk Onderzoek (NWO) en die Nederlandse Taalunie. René van Stipriaan was van 2008 tot 2012 die redakteur.[2] Die daaglikse werksaamhede van die DBNL word verrig deur agt persone in Leiden (met ingang 2013: Den Haag), 20 studente, en 50 persone in die Filippyne wat die tekste skandeer en intik.[2]
Wikidata het die eienskap: Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren author ID (P723) (sien gebruike) |
Met ingang 2020 word die biblioteek onderhou deur die Taalunie, Vlaamse Erfgoedbibliotheek en die Koninklike Biblioteek van die Nederlande.[3]