Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Diklofenak | |
---|---|
Chemie | |
Chemiese formule | C14H11Cl2NO2 |
Molêre massa | 296.148 g/mol |
Voorkoms | wit, kristallyn |
CAS-nommer | 15307-86-5 |
Farmakokinetika | |
Biobeskikbaarheid | |
Proteïengebonde | >99% |
Metabolisme | Lewer |
Halfleeftyd | 1.2 tot 2 uur |
Diklofenak (INN, sien handelsname onder) is 'n nie-steroïd anti-inflammatoriese middel (NSAIM) wat gebruik word om inflammasie te verminder; as 'n pynstiller verminder dit ook pyn in meeste gevalle.
Die naam "diklofenak" is afgelei van die chemiese naam: 2-(2,6-dichloor-anilien)-fenielasynsuur. Diklofenak is oorspronklik in 1973 in Switserland deur CIBA-GEIGY (nou Novartis) ontwikkel. [1] Dit is die eerste keer in 1979 in die Verenigde Koninkryk vrygestel. [2][3]
In die Verenigde Koninkryk, Indië, Brasilië, Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika, word diklofenak verskaf as óf die natrium- of die kaliumsout. Diklofenakkalium is veral bruikbaar in 'n wateroplosbare formulering waar pynverligting dadelik benodig word. Diklofenak is beskikbaar as 'n generiese middel in 'n hele aantal formulerings, insluitend diklofenakdiëtielamien, wat plaaslik aangewend word (smeer aan die vel). Goedkeuring is in die meeste lande verleen vir oor-die-toonbank (OTC)-gebruik vir ligte pyn, asook pyn en koors wat verband hou met algemene infeksies.