Dimorfos

Dimorfos   

'n Hoëresolusiefoto van Dimorfos. Sy noordpool is naby die bokant van die foto, wat geneem is sekondes voor die impak op 26 September 2022.
Wentelbaaneienskappe[1](pp28)[2]
Epog 26 September 2022
(Juliaanse dag 2 459 849,4683355; impaktyd)[3](pp5)[1](pp28)
Halwe lengteas 1,206±0,035 km (voor die impak)[1](pp28)
1,144±0,070 km (ná die impak)[4](p5)
Wentelperiode 11,921473±0,000044 uur
(11h 55m 17.3s ± 0.2s; voor die impak[1](pp28)
11,3676±0,0014 uur
(11h 22m 03.4s ± 5.0s; ná die impak)[5]
Baanhelling 169,3±1,0 ° met betrekking tot die sonnebaan[1](pp28)
Satelliet van 65803 Didumos
Fisiese eienskappe
Oppervlakte 7,58×104 m2[6]
Volume 1,81±0,18×106 m3
Massa 1,33±0,30×109 kg[7]
Rotasieperiode 11,9 uur (sinchronies; voor die impak)[8]
(chaoties; ná die impak)[9]
0,15±0,02[3](p6)
Spektraaltipe: S-tipe asteroïed[10]
Absolute magnitude 21,4±0,2[11]

Dimorfos (Engels: Dimorphos; amptelike naam: (65803) Didumos I; voorlopige naam: S/2003 (65803) 1) is 'n natuurlike satelliet, of maan, van die nabyaarde-asteroïed 65803 Didumos. Saam vorm hulle 'n dubbelstelsel.

Die maan is op 20 November 2003 deur Petr Pravec ontdek in samewerking met ander sterrekundiges wêreldwyd. Dimorfos het 'n deursnee van 177 m op sy breedste en dit was die teiken van die Double Asteroid Redirection Test (DART), 'n ruimtesending van Nasa wat op 26 September 2022 met opset teen die maan gebots het om sy wentelbaan om Didumos te verander. Voor die botsing deur DART het Dimorfos 'n effense ovaal vorm gehad met 'n oppervlak wat met rotse bedek was, maar feitlik geen kraters nie.[12] Die maan is vermoedelik gevorm toe Didumos van sy massa ontslae geraak het vanweë sy vinnige rotasie, wat 'n wentelende rommelskyf om die asteroïed gevorm het. Dit het saamgekoek as 'n rommelhoop met 'n lae digtheid wat eindelik Dimorfos geword het.[13][14][15]

Die DART-impak het Dimorfos se wentelperiode om Didumos met 33 minute verkort en het meer as 'n miljoen kilogram puin die lug in geskiet. Dit het 'n stofpluim tot gevolg gehad wat die Didumos-stelsel tydelik verhelder het en 'n komeetstert van 10 000 km lank geskep het wat maande lank sigbaar was.[16][17][18] Die DART-impak het vermoedelik die hele maan se oppervlak herskep en sy vorm verander. Dit het ook 'n impakkrater van verskeie tiene meters breed geskep.[19][10][20]

Waarnemings van helderheidswisselings in die Didumos-stelsel ná die impak dui aan dat die impak Dimorfos óf aansienlik vervorm het in 'n ovaal vorm óf in 'n chaotiese rotasie gestuur het.[5][21] As Dimorfos in 'n tollende rotasietoestand is, sal die maan onderwerp word aan onreëlmatige getykragte deur Didumos voordat dit eindelik binne 'n paar dekades sal terugkeer na 'n sinchroniese toestand.[9][22][23] Die ESA-sending Hera sal volgens plan in 2026 by die Didumos-stelsel aankom om die uitwerking van die DART-impak op Dimorfos te ondersoek.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Thomas2023
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Horizons-orbitchange
  3. 3,0 3,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Daly2023
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Fodde2023
  5. 5,0 5,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Scheirich2023
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named WolframAlpha
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ramsley2023
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Naidu2020
  9. 9,0 9,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Agrusa2021
  10. 10,0 10,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Nakano2022
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named johnston
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Barnouin2023
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ESA-20210330
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Zhang2021
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Madeira2023
  16. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NOIRLab-20221003
  17. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NASA-20221215
  18. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Li2023
  19. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Raducan2022
  20. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Raducan2023
  21. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pravec2023
  22. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Richardson2022
  23. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Meyer2023

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne