Dirk Coetzee | |
---|---|
Gebore | 15 April 1945 |
Sterf | 7 Maart 2013 (op 67) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Polisieoffisier |
Bekend vir | Vlakplaas |
Dirk Coetzee (15 April 1945 – 7 Maart 2013) was mede-stigter en bevelvoerder van die koverte polisie-teeninsurgensie-eenheid wat op Vlakplaas gebaseer was. Hy en sy kollegas was by 'n aantal gruweldade betrokke, insluitende die moorde van Sizwe Khondile en Griffiths Mxenge. Coetzee het die sluier oor die bestaan van die eenheid in 'n 1989-onderhoud met die Vrye Weekblad gelig.[1] Hiermee het hy 'n storie van die terdoodveroordeelde gevangene Almond Nofomela die vorige jaar aan 'n Johannesburgse weekblad bevestig.[2]
Coetzee is in die latere Phokwane Plaaslike Munisipaliteit gebore en was deur die 1980's by die SAP betrokke. In 1981 is die moord op Griffiths Mxenge aan hom toegedig.[3]
Op 4 Augustus 1997 het die Waarheid- en Versoeningskommissie amnestie aan hom toegestaan.[4]
In 1997 is Eugene de Kock, 'n voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, vir Coetzee se moordpoging skuldig bevind.[5]
Coetzee het aan diabetes en kanker gely voor hy op 7 Maart 2013 aan nierversaking oorlede is.[6]