Ds. Dirk Postma jr. | |
![]() | |
Ds. Dirk Postma as jong predikant
| |
Naam | Dirk Postma |
---|---|
Geboorte | 1 Junie 1861 Rustenburg, Transvaal |
Sterfte | 7 September 1919 (op 58) Hopetown, Kaapland |
Kerkverband | Gereformeerde Kerk |
Gemeente(s) | Fauresmith (1884–1888) Humpata (1889–1890) Fauresmith-Petrusburg (1891–1894) Steynsburg (1894–1897) Rustenburg (1897–1905) |
Jare aktief | 1884–1905 |
Kweekskool | Teologiese Skool Burgersdorp |
Ds. Dirk Postma (die jongere) (Rustenburg, 1 Junie 1861 – Hopetown,[1] 7 September 1919) was predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, skrywer, kerkhistorikus en soms bekend onder die bynaam die Rooie. Hy was die oudste seun uit ds. Dirk Postma se vierde huwelik, met Susanna Lasea Kruger, die eerste van sy twee Suid-Afrikaanse vroue, die dogter van die bekende ouderling en volksraadslid vir Rustenburg, Stephanus Jacobus Kruger, vroeër van Colesberg in die Kaapkolonie.