District 9 | |
---|---|
Regisseur | Neill Blomkamp |
Produksieleier | Peter Jackson en Carolynne Cunningham |
Draaiboek | Gebaseer op Alive in Joburg deur Neill Blomkamp |
Kinematografie | Trent Opaloch |
Redigeerder | Julian Clarke |
Speeltyd | 112 minute |
Land | Suid-Afrika Verenigde State Nieu-Seeland |
Taal | Engels |
Bruto wins | $180 miljoen verdien |
District 9 is 'n wetenskapsfiksierolprent en deels 'n spotdokumentêr uit 2009 deur regisseur Neill Blomkamp. Beide hy en die akteur Sharlto Copley debuteer met die film, hoewel hulle voorheen gewerk het aan die kortfilm Alive in Joburg, waarop District 9 gebaseer is. Peter Jackson het District 9 vervaardig; hy word as baanbreker in die genre beskou. Die film is in Soweto, Johannesburg, geskiet.