Divisionisme (ook genoem chromoluminarisme) was die kenmerkende styl van Neo-Impressionistiese skilderkuns, gedefinieer deur die verdeling van kleure in individuele spikkels of blokkies wat opties op mekaar ingewerk het.[1][2] Van die bekendste kunstenaars van divisionisme is die baron Vittore Grubicy de Dragon, wat lank in Lierna aan die Comomeer gebly het vir sy artistieke navorsing.
Deur van die kyker te vereis om die kleure opties te kombineer in plaas daarvan om die pigmente fisies te meng, het die Divisioniste geglo dat hulle die maksimum liggewendheid (luminositeit) wetenskaplik moontlik sou verkry. Georges Seurat het die styl rondom1884 as chromoluminarisme ontwikkel, gebaseer op sy begrip van die wetenskaplike teorieë van onder andere Michel Eugène Chevreul, Ogden Rood en Charles Blanc. Divisionisme en Pointillisme, 'n ander styl, het terselfdertyd ontwikkel. Laasgenoemde is spesifiek deur die gebruik van kolletjies verf gekenmerk en fokus nie noodwendig op die skeiding van kleure nie.[1][3]