Djebel Barkal | ||
Djebel Barkal is ’n klein berg van 98 m hoog. | ||
Koördinate | 18°32′12″N 31°49′42″O / 18.53667°N 31.82833°O | |
Plaaslike naam | جبل بركل | |
Land | Soedan | |
Soort | Heiligdom | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iii, iv, vi | |
Verwysing | 1073 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Gebel Barkal and the Sites of the Napatan Region | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Djebel Barkal (Arabies: جبل بركل) is ’n klein berg by die dorp Karima sowat 400 km noord van Khartoem, Soedan. Dit staan by ’n groot draai in die Nylrivier in ’n streek met die naam Nubië. Dit word ook Jebel of Gebel Barkal gespel.
Die berg is 98 m hoog, is plat bo en is oënskynlik as ’n landmerk gebruik deur handelaars op die belangrike roete tussen Sentraal-Afrika, Arabië en Egipte omdat die rivier daar maklik was om oor te steek. Die berg en die historiese stad Napata aan sy voet is in 2003 deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar.