Djotsji | |
---|---|
Khan van die Goue Horde | |
Standbeeld van Djotsji in Mongolië | |
Dinastie | Bordjigin |
Bewind | 1225–1227 |
Gebore | 1181 |
Gesterf | Februarie 1227 (op 45-46 jaar) |
Voorganger | Djengis Khan |
Opvolger | Orda Khan (c. 1204–1280) Batoe Khan (c. 1205–1255) Berke, khan van die Goue Horde (1257–1267) |
Vader | Djengis Khan |
Moeder | Börte |
Djotsji (Mongools: Зүчи; Zütsji) (1181–1227) was die oudste seun van die Mongoolse leier Djengis Khan by sy hoofvrou, Börte. Hy was ’n bekwame militêre leier en het saam met sy broers en ooms deelgeneem aan sy vader se verowering van Sentraal-Asië. Daar is verskeie spellings van sy naam: ook Djoetsji, Zütsji, Zjoetsji en Djötsji.
Daar is ’n vraagteken oor wie Djotsji se ware pa was. Kort nadat Djengis Khan (toe bekend as Temüjin) met Börte getrou het, is sy deur lede van die Merkit-stam ontvoer. Ná ’n paar maande in aanhouding is sy bevry en kort daarna het sy die lewe aan Djotsji geskenk. Volgens alle aanduidings het Djengis Djotsji as sy oudste seun behandel, maar daar het later ’n verwydering tussen hulle ingetree.