Dmitri Donskoi | |
---|---|
Grootprins van Moskou | |
![]() | |
Periode | 1359-1389 |
Voorganger | Iwan II van Moskou |
Opvolger | Wasili I van Moskou |
Huis | Rjoerik |
Vader | Iwan II van Moskou |
Moeder | Alexandra Ivanovna Velyaminova |
Gebore | 12 Oktober 1350 |
Oorlede | 19 Mei 1389 |
Eggenote | Eudoxia Dmitriyevna |
Sint Dmitri Iwanowitsj Donskoi (Russies: Дми́трий Донско́й) of Dimitri van die Don (12 Oktober 1350, Moskou - 19 Mei 1389, Moskou), seun van Iwan II Krasni, het van 1359 as grootprins van Moskou regeer en van 1363 as die grootprins van Wladimir tot met sy dood. Hy was die eerste grootprins van Moskou wat die Tartaarse oorheersing openlik uitgedaag het. Sy bynaam Donskoi (van die Donrivier) verwys na sy groot oorwinning teen die Tartare in die Slag van Koelikowo in 1380 wat aan die Don plaasgevind het.[1]