Dmitri Michailowitsj Pozjarski (Russies: Дмитрий Михайлович Пожарский; 17 Oktober 1577 – 30 April 1642) was ’n prins van die Rjoerik-dinastie wat Rusland tydens die Tyd van Beroeringe gelei het in ’n stryd om onafhanklikheid van die Pools-Litause Gemenebes. Dit het gelei tot die Poolse onttrekking ná Rusland se oorwinning met die Slag van Moskou in 1612.[1]. Hy het die nuwe titel "Redder van die Moederland" van tsaar Michail Romanof gekry en 'n volksheld geword wat in die Gedenkteken vir Minin en Pozjarski op Rooiplein in Moskou vereer is.[2]