Dobbelaar se dwaling

Dobbelaar se dwaling (in Engels: "Gambler's fallacy"), ook bekend as die Monte Carlo-dwaling of die Dwaling van die volwassenheid van kanse, is die verkeerde opvatting dat, as iets meer gereeld gebeur as normaal gedurende 'n gegewe periode, dit minder gereeld in die toekoms sal gebeur (of andersom). In situasies waar die uitkoms wat waargeneem word, werklik ewekansig is en bestaan uit onafhanklike proewe van 'n ewekansige proses, is hierdie oortuiging onwaar. Die fout kan in baie situasies ontstaan, maar word die sterkste geassosieer met dobbelary, waar dit algemeen voorkom by spelers.

Die term "Monte Carlo-dwaling" (in Engels: "Monte Carlo fallacy") is afkomstig van die bekendste voorbeeld van die verskynsel wat in 1913 in die Monte Carlo-dobbelhuis voorgekom het.[1]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MonteCarlo

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne