25°43′16″N 32°36′36″O / 25.721°N 32.610°O
Dodetempel van Amenhotep III | ||
![]() | ||
Lugfoto van die dodetempel. | ||
Land | ![]() | |
Soort | Dodetempel | |
Streek | Bo-Egipte | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Die amptenaar Amenhotep, seun van Hapoe | |
Kulture | Antieke Egipties |
Die Dodetempel van Amenhotep III, ook bekend as Kom el-Hettân, is tydens die bewind van die 18de Dinastie van die Nuwe Ryk van Egipte vir farao Amenhotep III laat bou deur die argitek, skriba en amptenaar Amenhotep, seun van Hapoe.[1] Die dodetempel is aan die westeroewer van die Nyl geleë, oorkant die stad Luxor aan die oosteroewer. In dié tyd was die Dodetempel van Amenhotep III die grootste een wat in die Thebaanse Dodeakker gebou is.[1]
Net dele van die tempel is nog oor, asook die Kolosse van Memnon, twee groot klipstandbeelde van 18 m hoog by die ingang.[2] Omdat die tempel relatief naby die rivier gebou is, het die jaarlikse Nylvloede die terrein vinnig laat agteruitgaan.
Volgens nuwe navorsing kan die grootste verwoesting egter aan 'n aardbewing toegeskryf word.[3] Daar is lank geglo die aardbewing het omstreeks 27 v.C. plaasgevind, maar 'n ondersoek van die ruïnes en kolosse het getoon dit was nader aan 1200 v.C. Bykomende aardbewings ná die een in 1200 v.C. kan egter nie buite rekening gelaat word nie.[3]