Domowoi

’n Domowoi

’n Domowoi (Russies: домовой) is ’n huisgees in Slawiese mitologie. Domowois (Russiese meervoud: домовые; domowije) is manlik, klein gebou en soms heeltemal met hare bedek. Volgens sommige tradisies neem die domowois die voorkoms van die huidige inwoners van die huis aan. Soms het hulle ’n grys baard, soms sterte of horinkies op hulle koppe. In party verhale sien die bure die huiseienaar buite in sy erf terwyl hy eintlik vas aan die slaap in sy huis is. Soms neem domowois die voorkoms van katte of honde aan, maar dit is minder algemeen.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne