Don Mueang Internas. Lughawe | |||
---|---|---|---|
![]() | |||
IATA: DMK – ICAO: VTBD | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar/Militêr | ||
Eienaar | Koninklike Thaise Lugmag | ||
Operateur | Airports of Thailand | ||
Ligging | 222 Vibhavadi Rangsitweg, Khwaeng Sanam Bin, Bangkok, Thailand | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 9 vt / 3 m | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
03L/21R | 3 700 | 12 139 | Teer |
03R/21L | 3 500 | 11 483 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Totale passasiers | 16 130 626 ![]() | ||
Internas. passasiers | 2 606 202 ![]() | ||
Binnelandse passasiers | 13 524 424 ![]() | ||
Lugbewegings | 120 683 ![]() | ||
Vrag (tonnemaat) | 6 543 ![]() | ||
Bron: Airports of Thailand[1] BangkokPost[2] |
Don Mueang Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน ดอนเมือง) (IATA: DMK, ICAO: VTBD) (ook "ou" Bangkok Internasionale Lughawe) is een van twee internasionale lughawens wat Bangkok, Thailand bedien, die ander een is Suvarnabhumi Internasionale Lughawe ("nuwe" Bangkok Internasionale Lughawe). Die lughawe word gereken om een van die wêreld se oudste internasionale lughawens en Asië se oudste lughawe in bedryf te wees.
Dit is amptelik geopen as 'n Koninklike Thaise Lugmagbasis op 27 Maart 1914, hoewel dit reeds vroeër in gebruik was. Die eerste kommersiële vlug was 'n aankoms van KLM Royal Dutch Airlines in 1924, wat dit een van die wêreld se oudste kommersiële lughawens maak. Don Mueang Lughawe is gesluit in 2006 ná die opening van Bangkok se nuwe Suvarnabhumi Lughawe, voordat dit op 24 Maart 2007 heropen is na opknappings. Sedert die opening van die nuwe lughawe, funksioneer Don Mueang as die plaaslike pendelaarspil en laekosterederyspil.