Donald Trump | |
---|---|
45ste en 47ste President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 20 Januarie 2017 – 20 Januarie 2021 20 Januarie 2025 – 20 Januarie 2029 |
Voorganger | Barack Obama (2017) Joe Biden (2025) |
Opvolger | Joe Biden (2021) |
Geboorteplek | Queens, New York |
Sterftedatum | |
Sterfteplek | |
Eerste Dame | Melania Trump (née Knauss) |
Politieke party | Republikein (2012–hede; 2009–11; 1987–99)[1] |
Visepresident | Mike Pence (2017–2021) James David Vance (2025–2029) |
Handtekening |
Donald Trump | |
---|---|
Gebore | Donald John Trump |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Voorsitter en president van die Trump-organisasie Voorsitter van Trump Plaza Associates, LLC Voorsitter van Trump Atlantic City Associates Gasheer van The Apprentice (2004–15) |
Politieke party | Republikein Vorige affiliasies: Onafhanklik (2011–12)[1] Demokrate (2001–09;[1] 1987[2]) Reformiste (1999–2001)[1] |
Eggenoot | Ivana Zelníčková (1977–91) Marla Maples (1993–99) Melania Knauss (2005–hede) |
Kinders | 5: Donald jr., Ivanka, Eric, Tiffany, Barron |
Ouer(s) | Fred Trump Mary Anne MacLeod Trump |
Webwerf | donaldjtrump.com |
Donald John Trump (gebore 14 Junie 1946 in Queens, New York) is ’n Amerikaanse sakemagnaat wat van 2025 tot 2029 as die 47ste Amerikaanse president dien. Van 2017 tot 2021 het hy ook as die 45ste president gedien.
Trump het in 1968 met 'n baccalaureusgraad in ekonomie aan die Universiteit van Pennsilvanië gegradueer. Hy het in 1971 president van die Trump-familie se eiendomsbesigheid geword en op luukse verblyf gefokus. Na 'n reeks besigheidsbankrotskappe in die 1990's het hy verskeie newe-ondernemings van stapel gestuur. Van 2004 tot 2015 was hy gasheer en medevervaardiger van die werklikheidstelevisiereeks The Apprentice.
Hy was die Republikeinse Party se kandidaat in 2016 en het sy Demokratiese teenstander Hillary Clinton op 8 November 2016 in die Amerikaanse presidentsverkiesing verslaan, hoewel hy minder stemme as sy op hom verenig het. Hy is op 20 Januarie 2017 as die 45ste president beëdig. Op 20 Januarie 2021 is hy deur die Demokraat Joe Biden opgevolg, wat hom in die Amerikaanse presidentsverkiesing 2020 verslaan het.
Trump het die verkiesing in November 2024 gewen met 312 verkiesingsstemme teenoor die destydse visepresident Kamala Harris se 226,[4] En daardeur was hy die tweede president in die geskiedenis van die VSA na Grover Cleveland in 1892 om vir 'n nieopeenvolgende tweede termyn verkies te word.[5] Hy het ook die gewilde stem gewen met 'n pluraliteit van 49,8% teenoor Harris se 48,3%.[6]
Op 70 jaar was Trump in 2016 die oudste en welvarendste persoonlikheid wat ooit die amp van president van die VSA beklee het, asook die eerste sonder enige voorafgaande militêre of politieke loopbaan en die vyfde wat op nasionale vlak geen meerderheid van die uitgebragte stemme op hom verenig het nie. Trump is ook ’n belegger, skrywer en TV-persoonlikheid. In 1971 het hy die voorsitter van die eiendomsgroep geword wat in besit van sy familie is en dit hernoem tot The Trump Organization. Hy het die onderneming vervolgens uitgebrei om die bou en renovasie van wolkekrabbers, hotelle, kasinos en gholfbane in te sluit. Die onderneming Trump Entertainment Resorts is deur hom gestig.