Dordrecht Dordt | |
---|---|
Munisipaliteit | |
![]() Dordtse gewels in die Hoofstraat | |
![]() Ligging van Dordrecht in Zuid-Holland-provinsie | |
![]() Kaart van Dordrecht-munisipaliteit | |
Koördinate: 51°48′N 4°40′O / 51.800°N 4.667°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | ![]() |
Regering | |
• Burgemeester | Peter van der Velden (PvdA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 99,47 km2 (38,41 vk. myl) |
• Land | 78,54 km2 (30,32 vk. myl) |
• Water | 20,93 km2 (8,08 vk. myl) |
Hoogte | −1 m (−3 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 119 513 |
• Digtheid | 1 522/km2 (3 940/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 3311–3329 |
Skakelkodes | 078 |
Bestuurlike sentrum | Dordrecht |
Webwerf | cms.dordrecht.nl |
Dordrecht is 'n stad in Nederland met sowat 120 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van sowat 99 km². Die stad - die inwoners noem hul stad meestal Dordt - is geleë in die uiterste suide van die provinsie Zuid-Holland en vorm ook die suidpunt van die Randstad. Dordrecht is met sy inwoners die vyfde grootste munisipaliteit van die provinsie en is deel van die metropolitaanse agglomerasie Drechtsteden.
Die stad lê op die plek waar die Beneden-Merwede-rivier in die Noord en die Ou Maas verdeel. Die munisipaliteit sluit die hele Eiland van Dordrecht in; die Moerdijkbrûe oor die Hollandsch Diep vorm die verbinding met die provinsie Noord-Brabant.
Dordrecht beskik oor sewe museums, vier polisiestasies, twee brandweerkasernes, twee hospitale en 'n gevangenis (Gevangenis Dordrecht). 'n Klein deel van die nasionale park Die Biesbosch lê in die Dordrecht-munisipaliteit.
In hierdie munisipaliteit word Dordts gepraat, wat is 'n Zuid-Hollandse dialek.