Douglas DC-3

Douglas DC-3
'n DC-3 deur Flygande Veteraner in Swede gevlieg
Tipe Lugdiens- en vragvliegtuig
Vervaardiger Douglas Aircraft Company
Nooiensvlug 17 Desember 1935
Bekendstelling 1936
Status In gebruik by kleiner rederye
Vervaardig 1936–1942, 1950
Aantal gebou 16,079
Eenheidskoste VS$ 79 500 (in 1935)[1]

Die Douglas DC-3 is 'n vastevlerk skroefaangedrewe vliegtuig. Die spoed en lang reikafstand van die DC-3 het 'n rewolusie in lugvervoer in die 1930's en 1940's ontketen. Die blywende impak op die lugvaartbedryf en die Tweede Wêreldoorlog maak dit een van die belangrikste vragvliegtuie wat ooit gebou is.

Die groot militêre weergawe waarvan meer as 10,000 geproduseer is, word die C-47 Skytrain in die VSA en die Dakota in die Verenigde Koninkryk genoem.

Baie DC-3's en omskepte C-47's word nog steeds in alle wêrelddele gebruik. 35 Eskader in die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) was die laaste eskader wêreldwyd waar die DC-3/C-47 Dakota in 'n millitêre rol ingespan was. Dit het gedien as vervoer en platform vir elektroniese oorlogvoering en is ontplooi in die Mosambiekkanaal vir maritieme waarneming. Ná ’n roemryke 81 jaar diens is dit in 2024 aangekondig dat die DC-3 Dakota, ’n staatmaker van die Suid-Afrikaanse Lugmag, finaal aan diens onttrek is.[2]

  1. Rumerman, Judy. "The Douglas DC-3." Geargiveer 6 Augustus 2004 op Wayback Machine U.S. Centennial of Flight Commission, 2003. Besoek: 12 Maart 2012.
  2. Military Africa , 10 Mei 2024. End of an Era: South Africa’s C-47 Dakota retires after 81 years, https://www.military.africa/2024/05/end-of-an-era-south-africas-c-47-dakota-retires-after-81-years/ Besoek 7 Januarie 2025.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne