Draaiorrel

’n Draaiorrel en -speler in Oostenryk, 2002.

’n Draaiorrel is ’n pyporrel wat outomaties speel. ’n Draaiorrel kan benewens orrelpype ook ander instrumente, soos slaginstrumente, insluit.[1]

’n Draaiorrelboek.

Die pype van ’n draaiorrel is meestal van hout gemaak, maar soms ook van metaal, gewoonlik sink. ’n Blaasbalk word gebruik om die pype van lug te voorsien (by orrels word gepraat van “wind”). Die draaiorrel is aan ander pyporrels verwant. Die grootste verskil is dat ander pyporrels met die hande en voete bespeel word terwyl ’n draaiorrel deur ’n bewegende musiekpatroon, gewoonlik ’n draaiorrelboek van karton, in werking gebring word. Die eerste draaiorrels het met ’n houtsilinder gewerk. Op die silinder was daar metaalpenne en -brûe wat die kleppe beheer het.

  1. (nl) "Draaiorgel". Nederlandse Wikipedia. Besoek op 19 Oktober 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne