Drakensberg-seunskoorskool | |
![]() | |
Ingang na die Drakensberg-seunskoorskool
| |
Gestig | 1967 |
---|---|
Tipe | Privaat |
Hoof | Mnr. Andrew Stead |
Stigter | John Tungay |
Grade | 4-9 |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Land | Suid-Afrika |
Webblad | http://www.dbchoir.co.za/ |
Die Drakensberg-seunskool is 'n dubbelmedium-seunskool naby Winterton in die hartjie van die Drakensberg in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die skool bied onderrig aan die lede van die Drakensberg-seunskoor. Dit is in 1967 gestig en is die enigste skool in Afrika wat aan koorsang toegewy is.[1]
Die skool maak voorsiening vir 100 tot 120 seuns tussen die ouderdom van 9 en 15 jaar (graad 4 tot 9). Hulle beskik oor 'n 600-sitplek ouditorium, gebou in 1995, waar weeklikse konserte gehou word. Koorlede toer gereeld en het al vertonings in die VSA, Europa, Japan, Taiwan, Hongkong, Mauritius en talle Afrika-lande gelewer.