Die Drie Wette van Robotika (dikwels verkort na Die Drie Wette of Asimov se Wette) is 'n stel reëls wat deur wetenskapfiksie skrywer Isaac Asimov uitgedink is, wat in verskeie van sy verhale deur robotte gevolg sou word. Die reëls is in sy 1942 kortverhaal "Runaround" (insluitend in die 1950 versameling I, Robot) bekendgestel, hoewel soortgelyke beperkings in vroeëre verhale geïmpliseer is.