Drimmelen

Drimmelen
Munisipaliteit
Hooge Zwaluwe
Vlag van Drimmelen
Vlag
Ligging van Drimmelen in Noord-Brabant-provinsie
Ligging van Drimmelen in Noord-Brabant-provinsie
Kaart van Drimmelen-munisipaliteit
Kaart van Drimmelen-munisipaliteit
Koördinate: 51°42′N 4°48′O / 51.700°N 4.800°O / 51.700; 4.800
LandVlag van Nederland Nederland
Provinsie Noord-Brabant
Stigting1998 (1997)
Regering
 • BurgemeesterGert de Kok (PvdA)
Oppervlak
 • Totaal119,43 km2 (46,11 vk. myl)
 • Land95,18 km2 (36,75 vk. myl)
 • Water24,25 km2 (9,36 vk. myl)
Hoogte
0 m (0 ft)
Bevolking
 • Totaal27 473
 • Digtheid289/km2 (750/vk. myl)
 1 Januarie 2022
TydsoneUTC+1 (IST)
 • SomertydUTC+2 (IDT)
Poskode
4766–4927
Skakelkodes0162, 0168, 076
Bestuurlike sentrumMade
Webwerfwww.drimmelen.nl/

Drimmelen is 'n munisipaliteit en dorp in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, met 'n bevolking van sowat 27 000 in 2022 en 'n oppervlakte van sowat 119 km².

Die munisipaliteit is in 1997 gestig deur die saamvoeging van die munisipaliteite Hooge en Lage Zwaluwe, Made en Drimmelen en Terheijden. Die naam was eers Made maar is in 1998 verander na Drimmelen.

Die suidelike deel van die Brabantse Biesbosch behoort aan Drimmelen.[1] Die res van die munisipaliteit lê suid van die Amer- en Hollandsch Diep-riviere.

Saam met die munisipaliteite Geertruidenberg en Oosterhout lê Drimmelen in die Amer-streek.

  1. Die noordelike en uiterste westelike deel van die Brabantse Biesbosch behoort aan die Altena-munisipaliteit. Die Brabantse Biesbosch (behalwe die noordooste) maak deel uit van die nasionale park Die Biesbosch.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne