’n Dubbele heliks (in Grieks beteken hélix "draaiing", "spiraal") is ’n geometriese figuur waar die spiraal dubbel is, in teenstelling met ’n enkele heliks. Twee soorte kan onderskei word:
Twee enkele helikse wat los om mekaar draai, of wat met mekaar verbind is soos in DNS;
’n Enkele string wat ’n spiraal vorm wat weer ’n heliks met ’n groter radius vorm, soos in sommige gloeilampe.