Duitse Vloot Deutsche Marine | |
---|---|
Gestig | 2 Januarie 1956 |
Land | Duitsland |
Tipe | Vloot |
Logo | |
Vaandel | |
Hoofkwartier | Rostock |
Aantal lede | 65 skepe 55 vliegtuie 16 333 personeel |
Veldslae | Operation Sharp Guard (1993–96) Operation Enduring Freedom Combined Task Force 150 Operation Active Endeavour European Union Naval Force Somalia |
Die Duitse Vloot ((de) Deutsche Marine) is die vloot van Duitsland en 'n deel van die verenigde Bundeswehr ("Federale Verdediging"), die Duitse Gewapende Magte. Die Duitse Vloot was oorspronklik bekend as die Bundesmarine van 1956 tot 1995 toe Marine die amptelike naam geword het tydens die inlywing van die Oos-Duitse Volksmarine in 1990. Die nie-amptelike naam Deutsche Marine is intussen eweneens in die taal ingeburger. Die Duitse Vloot is diep geïntegreer in die NAVO-alliansie.
Sy primêre missie is die beskerming van Duitsland se gebiedswaters en maritieme infrastruktuur sowel as die seekommunikasielyne. Afgesien hiervan, neem die Duitse Vloot aan vredesoperasies deel en lewer ook humanitêre hulp en rampverligting. Hulle neem ook deel aan teenstropingsbedrywighede.[1]